Bylae E
SKOOLDRAG
VOORGESKREWE SKOOLKLEREDRAG: DOGTERS
SOMERSDRAG: (Begin eerste MAANDAG in September)
SKOENE: Erkende skoolskoene, swart plakhak, bv. toeryg of met bandjie oor brug van voet (geen gekleurde stiksels of versierings of wit sole nie.).
SOKKIES: Kort, wit sokkies, sonder enige kleure daarin (geen dik geweefde sportsokkies nie.)
SKOOLROK:
(a) Lengte: Die soom van die skoolrok mag onder geen omstandighede meer as 10cm vanaf middelknie wees as die leerder op die leerder se knieë staan nie.
(b) Die skoolrok moet met ‘n lyfband om die middel gedra word.
HEMP: Wit hemp met OOPSLAANKRAAG (sonder das) en kort moue vir somer.
WINTERSDRAG: (Begin eerste MAANDAG in Mei)
SKOENE: Presies dieselfde bepalings as vir somer.
KOUSE: Swart broekiekouse. Geen dun, deurskynende kouse met patroontjies word toegelaat nie. Geen sokkies saam met broekiekouse nie.
SKOOLROK: Dieselfde as in die somer.
LANGBROEKE: Die dogters mag ‘n grys dogterslangbroek dra. Die skoolbaadjie en das is verpligtend saam met die langbroek. Grys sokkies moet gedra word.
HEMP: Die gewone wit, langmouhemp met ‘n skooldas.
TRUIE:
Oortrektrui: Die oortrektrui mag in die somer (vanaf die eerste Maandag in September tot die eerste Maandag in Mei) sonder ‘n kleurbaadjie gedra word.
Langmoutrui: Wanneer ‘n trui gedra word, moet dit ‘n donkerblou trui met V-vormige hals met skoolkleure wees. MATRIEKS mag ‘n ligblou skooloortrektrui aankoop.
GEEN ander soort trui word toegelaat nie.
ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE MAG ‘N SKOOLTRUI SONDER ‘N KLEURBAADJIE GEDRA WORD NIE. Sien uitsondering t.o.v. oortrektrui.
Die sweetpakbaadjie mag slegs saam met informele skooldrag gedra word.
SKOOLKLEURBAADJIE
DIE REGTE SKOOLKLEURBAADJIE MET DIE SKOOLSAKWAPEN EN ‘N DAS IS TYDENS DIE WINTERMAANDE VERPLIGTEND.
Die kleurbaadjie mag in die openbaar slegs by die voorgeskrewe skooldrag gedra word, en by geen ander klere nie.
INFORMELE SKOOLDRAG:
Dit bestaan uit ‘n informele broek en hemp asook ‘n skoolsweetpak wat skool toe gedra word vir vakke wat fisiese aktiwiteite vereis, soos LO of na gelang van die skoolhoof se oordeel. Hierdie drag is VERPLIGTEND VIR ALLE leerlinge. Kontak die sportkantoor vir meer inligting omtrent die korrekte sportdrag.
ALGEMEEN:
Elke dogter moet elke dag van KOP TOT TONE ONBERISPELIK SKOON EN NETJIES SKOOL TOE KOM. GEEN verskoning waarom ‘n dogter nie korrek geklee is, sal aanvaar word nie. In werklik behoeftige gevalle sal die skool bereid wees om hulp te verleen, na persoonlike raadpleging met die skoolhoof.
(a) HARE: ALLE dogters se hare moet kort en netjies gesny wees. As dit lank gedra word, moet dit netjies met ‘n lint vasgemaak wees. (rekkies: wit of ougoud; linte: skool se kleure of wit). Op straat met skooldrag of in sportdrag MOET hare ook vasgemaak word.
UITSPATTIGE HAARSTYLE, KLEURVERANDERING VAN HARE EN GRIMERING VAN WATTER AARD OOK AL, WORD NIE TOEGELAAT NIE.
(b) LAPELWAPENS: Slegs lapelwapens wat in verband met die skool staan, mag gedra word.
(c) JUWELE: Geen neusringe, armbande, hangertjies, of ander juwele word toegelaat nie.
- Slegs een klein oorringetjie of een “stud”, goud of silwer, per oor word toegelaat in die oorlel. Geen kruisies en dies meer mag egter aan ringetjies gehang word nie. GEEN pêrel-tipe oorbelle word toegelaat nie.
(d) Die naam van elke leerder moet onuitwisbaar op alle kledingstukke aangebring word.
(e) NAELS: Naels moet, as dit van die binnekant van die vinger gesien word, nie oor die vingerpunte steek nie. Naellak/gel is NIE TOELAATBAAR nie.
(f) GEEN sigbare tatoeërmerke is toelaatbaar nie. Enige tatoeërmerk moet te alle tye volkome bedek word.
Sweetpakke en amptelike skooldrag mag slegs deur leerlinge van Hoërskool Diamantveld gedra word en deur niemand anders nie. Ouers word vriendelik versoek om verslete baadjies te verbrand. U is welkom om ou skooldrag of sportdrag aan die skool te skenk.
SKOOLTASSE:
Tasse moet DONKERBLOU OF SWART wees met harde tussenskorte. DONKERBLOU OF SWART tasse is beskikbaar by die klerewinkel. Geen helderkleurige skooltasse.
Bylae F
VOORGESKREWE SKOOLDRAG – SEUNS
SOMERSDRAG: (Begin eerste MAANDAG in September)
WINTERSDRAG: (Begin eerste MAANDAG in Mei)
SKOENE: Slegs gewone erkende SWART skoolskoene met veters en met rubber- of leersole word toegelaat. (Geen gekleurde stiksels of versierings)
SOKKIES:
- By langbroek: Gewone grys mans sokkies.
- By kortbroek: Lang grys sokkies met skoolkleure ingebrei.
BROEK: Seuns kan met GRYS langbroek(somer/winter) of GRYS kortbroek (slegs somer) skool toe kom.
HEMP: ‘n Ligblou erkende skoolhemp met skooldas.
TRUIE:
- Oortrektrui:
Die oortrektrui mag in die somer (vanaf die eerste Maandag in September tot die eerste Maandag in Mei) sonder ‘n kleurbaadjie gedra word. - Langmoutrui:
Wanneer ‘n trui gedra word, moet dit ‘n grys trui met V-vormige hals met skoolkleure wees.
MATRIEKS mag ‘n ligblou skooloortrektrui aankoop.
GEEN ander soort trui word toegelaat nie.
Onder GEEN omstandighede mag ‘n skooltrui sonder ‘n kleurbaadjie gedra word nie. Sien uitsondering t.o.v. oortrektrui.
Die sweetpakbaadjie mag slegs saam met informele skooldrag gedra word.
SKOOLKLEURBAADJIES:
DIE REGTE SKOOLKLEURBAADJIE MET DIE SKOOLSAKWAPEN IS TYDENS DIE WINTERMAANDE D.W.S. VANAF DIE EERSTE MAANDAG IN MEI VERPLIGTEND.
Gedurende die somerkwartale mag seuns sonder ‘n baadjie skool toe kom, maar ‘n das is verpligtend.
Die kleurbaadjie mag in die openbaar slegs by die voorgeskrewe skooldrag gedra word, en by geen ander klere nie.
INFORMELE SKOOLDRAG:
Dit bestaan uit ‘n informele broek en hemp asook ‘n skoolsweetpak wat skool toe gedra word vir vakke wat fisiese aktiwiteite vereis, soos LO of na gelang van die skoolhoof se oordeel. Hierdie drag is VERPLIGTEND VIR ALLE leerlinge. Kontak die sportkantoor vir meer inligting omtrent die korrekte sportdrag.
ALGEMEEN:
Elke seun moet elke dag VAN KOP TOT TONE ONBERISPELIK SKOON EN NETJIES SKOOL TOE KOM. GEEN verskoning sal aanvaar word as dit nie so is nie. In werklike behoeftige gevalle sal die skool bereid wees om hulp te verleen, na persoonlike raadpleging met die skoolhoof.
(a) HARE: Elke seun se hare moet gereeld bo en onder kort en netjies gesny en reg gekam wees, in alle gevalle volgens die oordeel en goedkeuring van die skoolhoof.
UITSPATTIGE HAARSTYLE OF KLEURVERANDERING VAN HARE WORD NIE TOEGELAAT NIE.
(b) LAPELWAPENS: Slegs lapelwapens wat in verband met die skool staan, mag gedra word.
(c) Geen neusringe, armbande, hangertjies, oorringe of ander versiersels word toegelaat nie.
(d) Die naam van elke leerder moet onuitwisbaar op alle kledingstukke aangebring word.
(e) GEEN sigbare tatoeërmerke is toelaatbaar nie. Enige tatoeërmerk moet te alle tye volkome bedek word.
Sweetpakke en amptelike skooldrag mag slegs deur leerlinge van Hoërskool Diamantveld gedra word en deur niemand anders nie. Ouers word vriendelik versoek om verslete kleurbaadjies te verbrand.
U is welkom om ou skooldrag of sportdrag aan die skool te skenk.
SKOOLTASSE:
Tasse moet DONKERBLOU OF SWART wees met harde tussenskorte. DONKERBLOU OF SWART tasse is beskikbaar by die klerewinkel. Geen helderkleurige skooltasse.