Hoërskool Diamantveld se atlete het weer eens hul stempel afgedruk tydens die Griekwaland-Wes Atletiek Toekenningsseremonie. Ons leerders se harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is beloon met verskeie gesogte toekennings.

Danika Roets ontvang die trofee vir Beste Dogters Baan- en Veldatleet in atletiek en word ook vereer met haar kleurbaadjie.

Mieke Smit ontvang die trofee vir Beste Hoërskool Dogtersatleet in landloop.

Junemi Terblanche ontvang haar kleurbaadjie vir haar uitstekende prestasies.

Hoërskool Diamantveld word aangewys as die Beste Hoërskool van die Jaar in Atletiek.

Baie geluk aan al ons atlete en afrigters—julle prestasies maak ons ongelooflik trots en bevestig weer Diamantveld se uitnemendheid op die atletiekbaan. 🏆💎

#trotsdiamantveld