
Hoërskool Diamantveld: Gedragskode
Beleidstuk: Hantering van Leerderoortredings
6.1 Prosedure
6.2 Toepassing
6.3 Lys van oortredings en strafpunte
6.5 Leierskap
Bylae:
- A: Akademiese oortredings en intervensie
- B: Laatkom
- C: Voorkoms
- D: Verlof om skool te verlaat
- E: Skooldrag/Voorkoms: Dogters
- F: Skooldrag/Voorkoms: Seuns
- G: Vrystelling van bepalings van gedragskode
- H: Selfone
- I: Riglyn oor teistering en boelie
1. Fundering
Hierdie beleidstuk word gefundeer op:
1.1. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika; nr. 108, 1996.
1.2 Suid-Afrikaanse Skolewet; nr. 84, 1996.
1.3 Noord-Kaapse Wet op Skoolonderwys; nr. 6, 1996.
1.4 Buitengewone provinsiale koerant Desember 2007.
1.5 Alle ander wetgewing reeds uitgevaardig en nog uitgevaardig te word op eerste-, tweede- en derdevlakregering.
1.6 Die interne skoolreëls van Hoërskool Diamantveld, Kimberley, geldig volgens Wet no. 6, 1996 art. 21(1).
Die Beheerliggaam van ‘n openbare skool moet na oorleg met die leerders, ouers en onderwysers van die skool ‘n gedragskode vir leerders aanneem.
2. Wat is Dissipline?
Die woord dissipline asook die woord dissipel kom van die Latynse woord discere wat “om te leer” beteken.
Dissipline beteken dus eintlik om te leer, op te lei, of af te rig. Dit behels die vorming van die kind se karakter in sy totaliteit deur goeie gedrag aan te moedig en onaanvaarbare gedrag reg te stel.
Dissipline is alles wat ‘n onderwyser vir die kind doen of sê om die leerder op die pad na volwassenheid te begelei.
Straf is slegs ‘n tydelike deel van dissipline: ‘n korttermynreël om die kind van verkeerde optrede te weerhou.
Om te dissiplineer beteken om op te voed.
3. Dissipline – Enkele Uitsprake
Spreuke 1: 2-4: Die doel van dissipline is “om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal hulle behoorlike opvoeding ontvang en ‘n sin vir regverdigheid, reg en billikheid leer.”
Dissipline moet daarop gerig wees om die hart van die kind te verander – nie om die leerder iets te maak wat hy/sy nie is of kan wees nie, maar om die leerder ‘n waardestelsel te leer, om die leerder wysheid te leer.
Spreuke 22:6: “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy oud is nie daarvan afwyk nie.” Dit impliseer dat ons grense moet stel wat realisties en duidelik is.
4. Doelwit
4.1 Om die leerlinge tot verantwoordelike, selfstandige besluitneming op te voed. In hierdie proses moet die skool en die ouerhuis dinamies saamwerk.
4.2 Om ‘n sterk pligsbesef by die leerders te kweek en aan te moedig aangesien daar ‘n baie nou verband tussen swak pligsbesef, onaanvaarbare gedrag en swak vordering op skool is.
4.3 Hierdie stelsel word met inagneming van die skool en gemeenskap se behoeftes, geïmplementeer. Die primêre doel is om ‘n gees van samewerking tussen
onderwyser, leerder en ouer te skep en ‘n skoolomgewing daar te stel waarbinne gesonde dissipline en gesag kan seëvier.
4.4 Nog ‘n doel is om ‘n klimaat te skep waarbinne elke leerder verbind word tot die nakoming van skoolreëls en die weerhouding van ernstige wangedrag.
4.5 Om ‘n aanvaarbare meganisme daar te stel om morele, sosiale en juridiese gedrag by leerlinge te bevorder.
4.6 Om ‘n eenvormige wyse van optrede teen leerderoortreders deur die toepaslike gesagstrukture te bewerkstellig.
4.7 Om die onvolwasse leerder, oftewel adolessent, deur leiding, kennis en teregwysing te lei tot verantwoordelike volwassenheid.
B. Boshoff, in die leerder boek, Die Adolessent (1982, p18) beskryf die adolessent as “iemand wat na iets heen ontwikkel, in hierdie geval na volwassenheid” en sê voorts dat “… die aantal jare wat die jongmens biologies en kultureel as ‘adolessent’ beskryf word, van sowat 12-22 jaar strek.”
5. Motivering
Die motivering vir die daarstel van hierdie beleidstuk is as volg:
- Wet no. 6, 1996 art. 21(5): Noord-Kaapse Wet op Skoolonderwys.‘n Gedragskode moet bepalings van ‘n behoorlike regsproses bevat wat die belange beskerm van die leerder en enige ander party wat by dissiplinêre verrigtinge betrokke is.Die oortreder, sowel as die skoolgemeenskap, geniet elk sy eiesoortige beskerming. Die oortreder moet regverdig behandel word, soos vereis in art. 22(3) van Wet no. 6, 1996 “na ‘n billike verhoor” en die skoolgemeenskap het die reg om te besluit of hulle ‘n persoon, skuldig aan kriminele oortredings, in hulle midde wil hê, volgens artikel 18 van Wet 108, 1996:Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.
- Leerders word daagliks aan morele, sosiale en juridies onaanvaarbare gedrag blootgestel wat beslis ‘n ongewenste indruk en invloed op die ontvanklike gemoed van die onvolwasse leerder kan maak. Om hierdie negatiewe invloed teen te werk, moet die leerder daarvan bewus wees dat hy deur die koolgemeenskap verwerp kan word as sy gedrag met die onaanvaarbare negatiewe gedrag wat hy waarneem, sal ooreenstem.
- Om die leerder in staat te stel om, deur middel van die korrekte leiding, onderrig en opvoeding; of indien dan wel nodig, die afskrikmiddel van verwerping deur die skoolgemeenskap, te ontwikkel tot ‘n verantwoordelike volwassene wie se gedrag beantwoord aan morele, sosiale en juridiese norme en standaarde daargestel deur die gemeenskap.
- Om elke leerder binne die skoolgemeenskap van DHS die geleentheid te gee om, vry van vrese en vry van misdadige optrede te wees sodat die leerder hy/sy volle potensiaal kan verwesenlik, volgens Wet 108, 1996 art. 10.Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.en Wet no. 6, 1996, art, 21(2):“‘n Gedragskode bedoel in subartikel (1) moet gerig wees op die vestiging van ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing wat toegewy is aan die verbetering en handhawing van die gehalte van die leerproses.”en Wet no. 6, 1996 art. 21(4):Geen bepaling wat in die Suid-Afrikaanse Skolewet en in hierdie Wet vervat word, stel ‘n leerder vry van die verpligting om die gedragskode na te kom van die skool wat deur sodanige leerder bygewoon word nie.
6. Dissiplinêre Stelsel
- Elke leerder wat DHS bywoon, is verplig om die gedragskode na te kom.
- Alle betrokke partye naamlik personeel, ouers en kinders moet presies weet hoe die stelsel werk.
- Ouers is primêr verantwoordelik vir dissipline van hul kinders en moet saam met die kind oplossings vir probleme vind.
- Aan die einde van elke jaar word die stelsel geëvalueer, opgegradeer en prakties uitvoerbaar gehou.
- Strafpunte het geen invloed op ‘n kind se akademiese punt nie en kan nie bygetel of afgetrek word van die leerder se punte behaal in toetse of eksamens nie.
- Na afloop van ‘n leerder se skoolloopbaan het die skool ‘n volledige persoonsprofiel van ‘n leerder en vergemaklik hierdie stelsel die skryf van ‘n getuigskrif.
- Indien ‘n leerling wel meen dat hy onregverdig behandel is, mag die leerder appèl aanteken soos uitgestip in die prosedure en werkswyse.
6.1 Prosedure
Indien ‘n leerder skuldig is aan enige vorm van oortreding of misdryf soos verbied in enige wet of in die interne skoolreëls van DHS, sal die volgende prosedure gelykmatig op elkeen van toepassing wees.
- Elke leerder sal regverdig behandel word deur die skoolhoof en/of adjunkhoof en/of onderwyser en/of seniorkomitee in die hantering van oortredings.
- Na 150 strafpunte verskyn leerder en ouer/voog voor die adjunkhoof gemoeid met dissipline. (Alle probleme moet op volledige klagbriewe (Vorm DV1) by adjunkhoof ingelewer word)
- Na 200 strafpunte verskyn die betrokke leerder en sy ouer/voog voor die dissiplinêre komitee van die skool. Indien dit volgens die dissiplinêre komitee se oordeel geregverdig is, kan die adjunkhoof ‘n finale waarskuwingsbrief (Vorm DV3) aan ‘n leerder uitreik wat deur die leerder en sy ouers onderteken moet word.
- Indien die totaal van 300 strafpunte bereik word verskyn die leerder en ouer/voog voor die beheerliggaam van die skool. Dan kan die leerder van skoolbywoning geskors word vir (1) een week, volgens Wet no. 6, 1996 art. 22(3),
Behoudens die Suid-Afrikaanse Skolewet en hierdie Wet kan die beheerliggaam van ‘n openbare skool ‘n leerder na ‘n billike verhoor skors van bywoning van die skool –
(a) as ‘n korrektiewe maatreël vir ‘n tydperk van hoogstens een week; of
(b) hangende ‘n beslissing deur die Departementshoof of die leerder uit die skool gesit moet word.
Afhangende van die aard van die oortreding, kan permanente uitsetting volg op die week-skorsing. ‘n Leerder kan die leerder/die leerder deur sy/die leerder optrede ook blootstel aan strafregtelike vervolging en/of siviele eise.
6.2 Toepassing
‘n Klagbrief word onmiddellik deur ‘n onderwyser of ‘n lid van die SK ingevul ten opsigte van ‘n leerderoortreding (volgens diskresie).
Nadat die leerder ingelig is oor sy oortreding en hierdie brief volledig ingevul en onderteken is, word die brief ingelewer by die graadhoof en daarna by die adjunkhoof.
Die strafpunttotaal van die leerders word soos volg hanteer:
Die “aanklaer” ken ‘n strafpunt toe soos gemeld in 6.3, teken die oortreding met ‘n punt aan op die rekenaar en liasseer die klagbrief.
Indien nodig word die oortreder(s) deur die adjunkhoof ingeroep om verdere prosedures te verduidelik.
Die skool het die reg om leerders enige tyd te deursoek vir verbode middels of wapens of om leerders te toets of te deursoek vir verbode middels. Die prosedure soos voorgeskryf deur skolewet word gevolg.
Enige leerder wat bedreig voel kan direk met skoolhoof of adjunkhoofde gesels en dit sal vertroulik hanteer word.
Gewone klagtes volg normale kanale deur gebruik te maak van enige van die volgende:VRL, Seniorkomitee, Registeronderwysers, Graadhoofde, Adjunkhoofde, Skoolhoof.
Opgehoopte Strafpunte Optrede
Die straf wat uitgemeet word word gedoen volgens die diskresie van die skoolhoof/adjunkhoof/dissiplinêre komitee.
150 – Ouers en leerder word ingeroep en die aangeleentheid word deeglik met hulle bespreek deur ADJUNKHOOF. Hierdie gesprek word aangeteken en geliaseer. Leerder en ouer/voog word gewaarsku oor moontlike gevolge. Leerder het 50 punte grasie voor volgende optrede.
STRAF: Geen skoolfunksies.
200 – Ouers en leerders word ingeroep deur DISSIPLINêRE KOMITEE VAN DIE SKOOL. ‘n Finale waarskuwingsbrief word deur die ouers en leerder in adjunkhoof se teenwoordigheid onderteken en word op lêer geplaas. Leerder het 100 punte grasie voor volgende optrede.
STRAF: Alle strawwe steeds van vorige verhoor, leierskapposisie word permanent ontneem, deelname aan alle skoolaktiwiteite, wat sportoefeninge/-wedstryde insluit, word onmiddellik gestaak, word verbied by alle sosiale funksies van die skool. Erkenning van prestasies by die prysuitdeling kan ook ontneem word.
300 – Leerder, vergesel van ouers/voog, verskyn voor die DISSIPLINêRE KOMITEE VAN DIE BEHEERLIGGAAM. Leerder kan vir 1 (EEN) week geskors word, waartydens besluit word op permanente uitsetting al dan nie (soos vermeld 6.1.). Finale besluit op permanente uitsetting lê by die onderwyshoof van NKOD.
Indien uitsetting nie moontlik is nie, kom die leerder terug met SLEGS 50 punte tot sy krediet (die leerder begin dus by 250 debietpunte) Alle leerders met strafpunte begin na die prysuitdeling met geen strafpunte. Die punte vir ERNSTIGE OORTREDINGS word voorwaardelik opgeskort vir die res van hul skoolloopbaan, MAAR: sodra ‘n soortgelyke ERNSTIGE OORTREDING met dieselfde strafpuntgewig weer plaasvind, tree die strafpunte wat die leerder vroeër verwerf het, weer in werking.
Die skool behou die reg voor om aan die einde van elke jaar hierdie stelsel te evalueer, op te gradeer en prakties uitvoerbaar te hou.
Die DISSIPLINêRE-KOMITEE moet rekord hou van alle korrespondensie aan die ouer, afskeurstrokie terugontvang en optrede/stappe geneem.
BY ERNSTIGE OORTREDINGS en/of wanneer die leerder se STRAFPUNTE 200 bereik het, word vorm DV3 ingevul. Die saak word verder deur die DISSIPLINE-KOMITEE hanteer en kan in sy diskresie in oorleg met die skoolhoof die saak verwys na die DISSIPLINÊRE KOMITEE deur ‘n DISSIPLINE VERWYSINGSVORM in te vul of die saak na die SAPD te verwys indien ‘n kriminele oortreding gepleeg is in terme van artikel 14 van Kennisgewing 776 van 1998 op die S.A. Skolewet 84 van 1996.
Met eersgenoemde geval is die prosedure soos volg:
Die dissiplinêre proses moet begin met die lê van ‘n klag op Vorm DV 1.
- Enige persoon mag ‘n klag lê.Die klagte word aan die adjunkhoof oorhandig.
- By ontvangs van die skriftelike klagte, mag die beweerde oortreder skriftelik skuld erken/ontken op Vorm DV 2 wanneer die totaal 150 bereik word.
- Elke beweerde oortreder moet ‘n redelike tyd gegun word om die bewering te oorweeg en ook dit met die betrokke ouer/voog te bespreek.
- Indien skuld erken word, kan die dissiplinêre -komitee in oorleg met die skoolhoof/dissiplinêre komitee die toepaslike korrektiewe maatreëls oplê.
- Indien skuld ontken word, moet die dissiplinêre-komitee ‘n tyd en datum bepaal vir ‘n verhoor. ‘n Leerder wat na bewering ‘n reël oortree het, is geregtig op bystand van die betrokke leerder se ouer(s) / voog/ regshulp tydens die verhoor.
- Die verhoorverrigtinge word aangeteken op Vorm DV 4, wat die volgende inligting moet bevat: a. Datum van verhoor
b. Tyd
c. Plek
d. Lede van komitee
e. Partye teenwoordig
f. Beskrywing van klag
g. Bevinding / uitslag - Waar bevind dat ‘n leerder skuldig is aan ‘n ERNSTIGE OORTREDING, moet die volgende aksies uitgevoer word:* Die bevinding(s) en korrektiewe maatreëls moet vir rekorddoeleindes op die lêer aangeteken word (ook op leerlingkaart – DISSIPLINêRE KOMITEE).
* Die ouer(s) / voog moet skriftelike op Vorm DV 5 van die uitslag in kennis gestel word en bewys van ontvangs moet verkry word.
* Die uitslag van die verhoor moet aan die Skoolbeheerliggaam (SBL) voorgelê word.
* Indien die korrektiewe maatreëls een van uitsetting of skorsing is, maak die dissiplinêre komitee so ‘n aanbeveling aan die Beheerliggaam. - Die SBL kan dan na oorweging:
* nie die aanbeveling(s) aanvaar nie, en ‘n ander korrektiewe maatreël in die plek daarvan aanstel.
* die aanbevelings aanvaar en proses soos vervat in art. 9 volg
6.3 Lys van oortredings en strafpunte
(NB.: Kleiner oortredings moet deur klas-/ vakonderwysers SELF hanteer word deur eie inisiatief te gebruik en strawwe voor te lê. Ouers kan self deur onderwysers gekontak word. Rekord moet egter deur onderwyser gehou word: Bv-detensie gegee deur onderwyser met `n strafbrief wat na dissiplinêre hoof toe gaan)
Onderstaande is riglyne
OORTREDINGS | STRAFPUNTE |
---|---|
VLAK 1: ALGEMENE OORTREDINGS: | |
Onderwyser meld aan op DV 1 en SASAMS | |
Voorkoms (Leerder is herhaaldelik aangespreek sonder reaksie) | 10 |
Laatkom (x aantal kere na 3 waarskuwings) | 10 |
Huiswerk onvolledig/Boeke vergeet (x aantal kere na 3 waarskuwings) | 10 |
Take (laat inhandiging) | 10 |
Eet/Drink in klas | 10 |
Swak gedrag (spuug, liefkosing, vloek, klas ontwrigting) | 40 |
Stokkiesdraai/Klasbank | 40 |
Ongemagtigde selfoongebruik in klas | 40 |
Plagiaat | 50 |
VLAK 2: GROWWE OORTREDINGS | |
Onderwysers meld aan op DV 1 en adjunkhoof teken dit op HRMS aan | |
Rook op skoolterrein | 50 |
Baklei(moet in gevalleboek aangeteken word)/boelie | 75 |
Vandalisme | 75 |
Disrespek | 75 |
VLAK 3: ERNSTIGE WANGEDRAG | |
DV 1 word ingevul, aangeteken op HRMS en gesprek met ouer/voor en Skoolhoof/Adjunkhoof/Dissiplinêre komitee | |
Ernstige boelie/rassisme/geweld/diefstal/drank/dwelms/pornografie/seksuele teistering/eksamen of toets onreëlmatigheid) | 150 |
6.4 Ernstige Wangedrag
Enige vorm van wapens by skool, aanranding, verkragting, boelie, intimidasie teenoor medeleerder of onderwyser, rassisme, ernstige beskadiging van enige eiendom op die skoolterrein, diefstal met verswarende omstandighede, besit, handel of gebruik van enige vorm van dwelmmiddels, besit van pornografie, ongeoorloofde gebruik van selfoon, drankbesit of gebruik op skoolterrein gedurende skoolure of na-skoolse funksie of uitstappie, diefstal of besit van eksamenvraestelle, aanhoudende verbreking van gedragskode of enige ernstige wangedrag volgens die oordeel van die skoolhoof of adjunkhoof.
Prosedure
- Ouers/voog word gekontak om skool onmiddellik te besoek.
- ‘n Oorspronklike aanklag word persoonlik gegee of per geregistreerde pos aan leerder en ouer/voog gestuur.
- Binne 7 werksdae moet die beskuldigde `n geskrewe erkenning/ontkenning van skuld en indien die leerder verkies `n verduideliking van ernstige wangedrag op skrif aan die voorsitter van die Dissiplinêre komitee voorlê.
- Indien die leerder die aanklag erken (geskrewe of mondelings) of waar die voorsitter van mening is dat die leerder skuldig is moet `n regverdige verhoor geskeduleer word.
- Die skoolhoof moet `n afskrif van die aanklag, asook bewys van oorhandiging van klag aan leerder en ouer/voog, asook enige erkenning of ontkenning aan die SBL voorlê.
- Die SBL moet dissiplinêre komitee van 3 mense afvaardig. Hulle mag onder geen omstandighede intimiderend teenoor aangeklaagde optree nie.
- Die verhoor moet so informeel, regverdig en redelik as moontlik wees tot die beste belange van alle partye teenwoordig.
- Die leerder moet vergesel word deur ouer/voog.
- Die verhoor mag met goedkeuring van die beheerliggaam, as die leerder onder 18 jaar is en onder emosionele spanning verkeer, met `n tussenganger voortgaan.
- Ondervraging en kruisondervraging moet deur tussenganger geskied.
- As daar van tussenganger gebruik word, mag die leerder ondervra word op `n plek waar die leerder gemaklik is en waar mense wat die leerder ongemaklik laat voel nie teenwoordig is nie.
- Tydens die verhoor mag die voorsitter enige feite (gedokumenteerde, geskrewe of mondelings) voorlê, getuies ondervra en enige argumente wat die aanklag ondersteun voorlê.
- Tydens die verhoor moet die leerder persoonlik teenwoordig wees en mag vergesel wees van ouer/voog of persoon deur ouer/voog genomineer om enige getuies te ondervra, dokumente of geskrewe verklarings deur te gaan.
- `n Leerder mag enige tyd gedurende verhoor skuld beken.
- Na afloop van die verhoor moet daar skuldig/onskuldig-uitslag gegee word.
- Indien die leerder aan ernstige wangedrag skuldig bevind word moet die komitee geleentheid gee aan beskuldigde vir versagtende omstandighede en aan die voorsitter vir verswarende omstandighede indien enige.
- Die bevindinge moet deurgegee word aan die SBL en dienooreenkomstig genotuleer word.
- Die beheerliggaam moet binne 7 dae na die verhoor die uitslag geskrewe aan die leerder en ouer/voog oorhandig.
- Indien die uitslag `n aanbeveling vir uitsetting uit skool behels moet die Hoof van Onderwys binne 3 dae na uitslag in kennis gestel word, vergesel met volledige dokumentasie van stappe gevolg.
- Die dissiplinêre verhoor moet binne 7 dae na erkenning/ontkenning van skuld afgehandel wees.
- Waar die uitslag nie aanbeveling tot uitsetting is nie, mag die leerder vir `n verdere 7 skooldae geskors word of enige gepaste straf volgens die gedragskode.
- Enige appél moet skriftelik aan die Hoof van Onderwys oorhandig word binne 7 dae na uitslag van verhoor.
- Alle dissiplinêre stappe moet op `n deursigtig, regverdigde en openlike wyse bestuur word. Die verhoor self geskied egter geslote tot belanghebbendes.
6.5 Leierskap
- Indien ’n leerder ’n totaal van meer as 150 strafpunte op die rekordsisteem van die skool het in die nominasietydperk vir die VRL-verkiesing, sal sodanige persoon se naam van die nominasielys verwyder word.
- Leerders in leierskapsposisies moet daarvan kennis dra dat enige oortreding op watter gebied ookal, nie in isolasie hanteer sal word nie, en dat dit die leerder se leierskapsposisie ten opsigte van alle ander aktiwiteite ook kan beïnvloed.
- Leerderleiers wat skuldig bevind word, deur die dissiplinêre komitee, dat hulle hulself skuldig gemaak het aan ernstige wangedrag en/of dat die leerder die skool se naam en beeld in oneer gebring het kan van hul posisie onthef word.
Bylae A
Akademise Oortredings en Intervensie
Hoërskool Diamantveld is in die eerste plek ‘n akademiese instelling en daarom word die handhawing van ‘n hoë akademiese standaard as prioriteit beskou. Leerders wat hul akademiese vordering in die gedrang bring deur laat te kom vir klas, boeke gereeld by die huis te vergeet, gereeld nie huiswerk doen nie en take laat, of glad nie indien nie gaan hulself aan intevensiemaatreëls blootstel.
Prosedure:
- Laatkom, boeke en huiswerk: DRIE (3) waarskuwings sal gegee word waarna strafpunte gegee sal word. Ouers word deur die klas-/vakonderwyser gekontak per sms of telefoonoproep.
- Herhaaldelike probleme en klasontwrigtingsgedrag kan aangespreek word deur strafpunte EN die voltooi van die AV1 vorm (vorderingsverslag). Hierdie verslag word deur die leerder daagliks by ELKE periode, vir TWEE weke, ingegee waarop die onderwyser kommentaar lewer oor werksetiek, gedrag ens. Na twee weke word die vorderingsverslag by die Graadhoof ingedien, wat dit sal liaseer en, aan die einde van die kwartaal, vir die registeronderwyser gee om by die betrokke leerder se rapport te sit.
- Leerders wat versuim om ‘n taak op die vasgestelde datum in te dien EN na ‘n tweede geleentheid steeds nie die taak indien nie, voltooi AV2 vorm, wat in die leerder se portefeulje lêer kom en ‘n afskrif daarvan word vir die registeronderwyswer gegee om by die leerder se rapport te sit.
AV1
INTERVENSIEVERSLAG: Hierdie verslag word voltooi deur ELKE klasonderwyser. Dit is die LEERDER se verantwoordelikheid om te verseker dat die verslag daagliks, per periode, voltooi word en na TWEE (2) weke deur die graadhoof/adjunkhoof geteken word en by die registeronderwyser ingehandig word.
Verklaringsvorm vir Uitstaande Take
Bylae B
Laatkom
1. Tydens klaswisseling
- Leerders wat laat by klas aanmeld, word deur vak-/klasonderwyser aangespreek en op rekord gehou (klagbrief – DV 1).
- Onderwyserte mag nie leerders terughou na die klok gelui het om die einde van ‘n periode aan te dui nie.
- Hierdie klagbriewe (DV 1) word ingehandig wanneer die leerder 50 strafpunte bereik. (5 x laat kom).
2. Voor skool
- Laatkommers meld by die kantoor aan.
- Indien laat op toetsdae, is skryftyd korter (registerperiode).
Bylae C
Voorkoms Oortreders
Prosedure
- Inspeksie tydens elke registerperiode (onafgekondigde)
- Lys name van oortreders en oortreders word na adjunkhoof (dissipline) gestuur:
- Adjunkhoofde luister na oortreders se saak en tree soos volg op:
skuldige
– klagbrief (DV 1) word ingevul.
– leerder word huis toe gestuur.
– leerder moet weer by adjunkhoof aanmeld by aankoms.
onskuldiges
– moet voor skool aantree by adjunkhoof vir toestemming
– ‘n toestemmingsbrief vir voorkoms word uitgereik.
Bylae D
Verlof om Skool te verlaat
- Leerders wat skool in skooltyd verlaat se ouers moet skriftelik (per brief, epos of whattsapp) of telefonies die sekretaresse kontak om reëlings te tref.
- Indien ‘n leerder deur die loop van die dag ongesteld raak, moet die leerder by ontvangs aanmeld sodat sy/die leerder ouer gekontak kan word.
- Die ouer/voog moet, persoonlik, die leerder op die register uit teken
- ‘n TOESTEMMING VIR VERLOF-VORM word uitgereik. Leerders moet hierdie brief aan die sekuriteitswag getoon word om die terrein te verlaat.
Bylae G
Vrystelling van bepalings van die gedragskode
- Leerders kan op kulturele-, godsdienstige-, mediese gronde of reg van geslags-uitdrukking skriftelik by die beheerliggaam aansoek doen om algehele of gedeeltelike vrystelling van een of meer van die items wat in die gedragskode vervat is.
- Sodanige aansoek moet deur beide die ouers en leerder onderteken word met volledige redes én stawende bewyse. Die bewyslas rus dus op die leerder om die aansoek om vrystelling te staaf.
- Aansoeke om vrystelling sal slegs aan die begin van elke skooljaar oorweeg word, tensy dringendheid of veranderende omstandighede aangevoer kan word.
- In die oorweging van ʼn aansoek om vrystelling sal die beheerliggaam geregtig wees om enige inligting in te win wat hy vir ʼn regverdige beoordeling van die aansoek kan nodig ag.
- Die beheerliggaam sal die aansoek om vrystelling met die nodige erns, objektiwiteit en verantwoordelikheid, en binne die raamwerk van die Grondwet en hofuitsprake oorweeg, en die leerder skriftelik van sy besluit inlig.
Bylae H
SELFONE
- Hoërskool Diamantveld erken die belangrikheid van selfone en tegnologie in die skool
opset. - Die volgende reëlings geld ten opsigte van die gebruik van selfone tydens skoolure
– Dit is die leerder en/of ouer se keuse om ‘n selfoon by die skool te hê.
– ‘n Selfoon is te alle tye in die leerder se baadjiesak of skooltas. Die skool dra GEEN verandwoordelikheid vir ‘n selfoon wat verlore gaan nie.
– Selfone mag nie in ‘n klas gebruik word, behalwe vir akademiese doeleindes nie.
– Verantwoordelike selfoon- en sosiale media-gebruik moet deur alle leerders gevolg word. Die afneem van mede-leerders, maak van “memes” en die stuur en verspreiding van onvanpaste boodskappe en/of foto’s word verbied. Leerders wat hulle aan sulke wangedrag skuldig maak stel hulle bloot aan DHS se dissiplinêre prosedure sowel as moontlike siviele prosedures.
Bylae I
TEISTERING- EN BOELIEGEDRAG (Sien skoolbeleid)
- By Hoërskool Diamantveld is dit belangrik dat daar ‘n gemeenskapsgevoel van veiligheid en respek heers. Elke individu word aangemoedig om hulself positief uit te leef binne die waardestelsel van die skool.
- Teistering en boeliegedrag van ENIGE aard word verbied onder die Suid Afrikaanse Skole Wet (1996) en die daaropvolgende relevante beleide en maak inbreuk op ‘n individu se konstitusionele regte.
- Boelie is ‘n baie spesifieke tipe anti-sosiale gedrag en kort dus spesiale aandag.
- Boelie is opsetlike onvriendelike en kwetsende gedrag.
- Dit is ‘n keuse wat deur ‘n individu of groep geneem word om ‘n ander individue
herhaaldelik af te knou of in die openbaar te verneder. - Die doel hiervan is om ‘n individu sistematies te verwerp, isoleer, spot en verneder.
- Boelie is altyd kwaadwillig in sy natuur en is daarop uit om iemand op ‘n gereelde basis
seer te maak. - Boelie is nie ‘n argument of misverstand tussen lede van ‘n portuurgroep nie. Dit is hoofsaaklik eensydig en onuitgelok. Dit is gewoonlik, maar nie eksklusief, ‘n groepsaktiwiteit.
- Boelie kan in verskeie vorms manifisteer nl: fisies, verbaal, nie-verbaal, digitaal.
- Dit sluit in, maar is nie beperk tot:
Terg, spotting, onvanpaste handtekens ens
Agresiewe liggaamstaal: Stoot, slaan, skop, knyp, neem van eiendom ens.
Verspreiding van stories en vernietiging van ‘n persoon se reputasie - Leerders wat voel dat hulle geboelie word, moet dit by ‘n Senior Komitee-lid of onderwyswer aanmeld. ‘n Skriftelike verslag van die slagoffer en getuies word aangevra. Boelie-gedrag kan slegs gestop word as dit aangemeld word.
- Die “oortreder” sal ingeroep word om geleentheid te kry om sy/die leerder van die kant te stel, sowel as geleentheid gebied om aan te dui hoe hulle hierdie gedrag gaanstaak.
- Die erns van die situasie sal bepaal word deur ‘n ondersoek.
- Dissiplinêre stappe sal insluit die voltooiing van die DV1-vorm/ en of ‘n amptelike dissiplinêre verhoor.
- Ander maatrieëls wat ingestel kan word sluit in:
‘n Formele verskoning deur die “oortreder”.
Moontlike tydelike skorsing
Mediasie
Aanbevelig van berading.
Goedgekeur en geteken op 2022 – 10 – 31:
AMP | NAAM | HANDTEKENING |
---|---|---|
SBL VOORSITTER | Mnr. W. Steynberg | |
SKOOLHOOF | Mnr. L.C. Victor |
*Wysiging #1(2022):
- Bl. 5 paragraaf 1
- Bl 7 paragraaf 2, pragraaf 5, paragraaf 8
- Bl 8 paragraaf 7
- Bl 9 paragraaf 2
- Bl 10 paragraaf 1
- Bl 11 paragraaf 1
- Byvoegings: Bylae G, H, I