
Aan die begin
1971 is ‘n belangrike deel van Diamantveld se koshuis geskiedenis, want die eeue-oue droom is verwesenlik: ons nuwe koshuis word dié jaar voltooi. Op 25 Januarie 2013 is die nuwe koshuis vernoem na Mnr. J.P Auret wat van 1979-1996 diens gelewer het as skoolhoof. Die koshuis huisves tans Graad 10-12 seuns en Graad 8-12 dogters.










