
Losiesgeld
Losiesgelde (2023) vir die koshuis beloop R36 500-00 (R34 800-00) per jaar vir die eerste kind, R35 000-00 (R33 400-00) vir die tweede kind. Die bedrae tussen hakies dui op die kortingsbedrae wat van toepassing is indien die volle losiesgeld(e) in die eerste week van Maart 2023 betaal word.
Die volgende opsie is streng vooruitbetaalbaar:
10 Maandelikse paaiemente van R3 320.00 per maand per leerder (R3 200 vir die tweede kind) en ‘n 11de en finale bedrag van R3 300.00 vir die eerste kind (R3 000.00 vir die tweede kind).
Betalings geskied van Januarie tot November.