
Toneel
Toneel produksies is ‘n hoogtepunt by Hoërskool Diamantveld. In 2022 het ons toneelstukke onderskeidelik 90% en 93% verwerf by Con Spirito en het ook aan die ATKV Tienertoneel deelgeneem.
Sita-Marié Louw, Neil Booyens en Milandé Coetzer is ook gekeur vir 2022 se Speeltoneel en die drie leerders verskyn in April 2022 elk in ‘n kortfilm.