
Pom Poms
Hierdie aktiwiteit het begin as ‘n inisiatief om gees aan te wakker by die sportbyeenkomste. Sedert 2020 het dit gegroei tot ‘n hoogtepunt by jaarlikse geleenthede soos Stigtersdag, Wildeklawer en Classic Clashes.
Die pom-poms vermaak toeskouers met koördinasie en dans vernuf en sorg vir hope opwinding.