Main Content

Buitesport

Hierdie sportkodes word deur Hoërskool Diamantveld erken as buiteskoolse aktiwiteite. Leerders neem in hulle privaat hoedanigheid aan hierdie sportkodes deel by die onderskeie klubs of organisasies. Leerders kan erkenning ontvang vanaf Hoërskool Diamantveld, vir prestasies gelewer, deur die volgende prosedure te volg:

  • Alle prestasies moet by die sportkantoor ingedien word of per
    e-pos na sport@diamantveld.co.za gestuur word.
  • Prestasies moet op die betrokke organisasie se amptelike briefhoof gestuur word, onderteken deur die voorsitter van die organisasie.
  • Handgeskrewe briewe van ouers sal nie aanvaar word nie.
  • Tydens ontvangs van die prestasie sal daar gedurende ‘n saalperiode aan die betrokke leerder erkenning gegee word.
    ‘n Sertifikaat / Erkenning sal tydens die jaarlikse prysuitdeling gegee word.
  • Buitesport en skoolsport prestasies vir die jaar se prysuitdeling moet teen September van die betrokke jaar ingehandig wees. Alle prestasies ontvang na hierdie datum sal eers vir die volgende jaar se prysuitdeling oorweeg word.

Buitesportkodes

  • Perdesport (Spring, Dresser, Uithouritte, Gymkana, Saalperd, ens.)
  • Motorsport (Motor Sport SA, Motorfietse en motorrenne)
  • Gevegskuns (Martial Arts, Karate, Kickboxing, Skerm, Taekwondo, Boks)
  • Dans (Klop-, Ierse-, Spaanse-, Moderne dans, Hip-Hop, Ballet)
  • Hengel (Vars- en seewater)
  • Gimnastiek
  • Sokker
  • Jukskei
  • Korfbal
  • Rolbal
  • Skiet
  • Toutrek
  • Swem
  • Gholf
  • Fietsry
  • Skaak
  • Muurbal

Jongste Buitesport Nuus

Jongste Nuus

Trots Diamantveld

Jongste Nuus


Close