🌟🌟

Die finale Noord-Kaap-proewe het vandag plaasgevind, waar Liané Prinsloo gekroon is as die beste O/19 tennisspeler in die dogtersafdeling van die provinsie.

Wat hierdie prestasie nóg meer indrukwekkend maak, is dat Liané slegs O/16 is en op O/19-vlak deelneem, ’n ware bewys van haar uitsonderlike kwaliteit en talent as atleet.

Baie geluk, Liané! Ons is ongelooflik trots op jou! 🎾

#trotsdiamantveld