Baie geluk aan beide ons eerstespan en o/15-span wat tydens die Somerset College-toer verdienstelike oorwinnings behaal het teen Hugenote. Albei spanne het tydkrieket-wedstryde gespeel en uitstekende spel gelewer. Ons eerstespan het eerste veldwerk gedoen en daarin geslaag om Hugenote tot slegs 52 lopies te beperk, met Francois Holtzhausen wat ’n indrukwekkende vier paaltjies geneem het. Met die kolf het Diamantveld se spelers die botoon gevoer: Benjamin Potgieter – 104 lopies vanaf 79 balle
Ruben Viljoen – 102 lopies vanaf 104 balle
Tiaan Coetzee – 55 lopies vanaf 68 balle Met dié uitstekende bydraes het die span verklaar op 339/8. In hul tweede beurt kon Hugenote nie die teiken bereik nie, en Diamantveld het die oorblywende vyf paaltjies oortuigend geneem om met 214 lopies te triomfeer. Ons o/15-span het die loot gewen en Hugenote ingestuur om eerste te kolf. Hulle is tot 90 almal uit beperk, met Ewin Maree en Luke Joseph wat elk twee paaltjies geneem het. Met die kolf het Diamantveld 202 lopies aangeteken, waartoe Cobus Fourie ’n puik bydrae van 50 lopies vanaf 49 balle gelewer het. In hul tweede beurt kon Hugenote nie weerstand bied nie en het hulle hul oorblywende paaltjies voor uitskeityd verloor. Ons o/15-span het uiteindelik met 67 lopies geseëvier. ’n Uitstekende prestasie van albei spanne – welgedaan, manne! #trotsdiamantveld
#Krieketnuus















