Dit is met groot opgewondenheid dat ons die Diamantveld- en Kimberley High School-Astro-hokkiebaan amptelik as oop verklaar. Daar is vandag behoorlik fees gevier met hierdie groot droom van Diamantveld wat uiteindelik bewaarheid is. Laerskole en hoërskole het die eer gehad om die eerste wedstryde op die Astro te speel, en die Old Boys van Diamantveld en Kimberley High School was ook deel van die feesvieringe. Beide Diamantveld en Kimberley High School se onderwysers het hulle vaardighede ten toon gestel op die baan en vir die huidige leerlinge gewys dat hulle nie net kan afrig en praat nie, maar dit ook self kan doen! Dit was voorwaar ’n dag om te onthou! A Posse Ad Esse! #trotsdiamantveld















