Baie geluk aan ons 1ste-span krieket wat ’n uitstekende oorwinning behaal het teen Frank Roro HUB.

Ons het eerste gekolf en ’n totaal van 230 lopies in die toegelate 20 beurte aangeteken. Hanru Rademeyer het ’n briljante 103 lopies van 38 balle gemoker, met Arno Mostert wat ’n waardevolle 44 lopies van 23 balle bygedra het.

Diamantveld se boulwerk was akkuraat en het Frank Roro vir slegs 80 lopies laat uitbou.

Diamantveld wen die wedstryd met 150 lopies.

Baie geluk, manne!

#trotsdiamantveld