Ons krieketspan neem tans deel aan die Grey’t Bash, aangebied deur Grey Kollege in Bloemfontein. Diamantveld, wat onder die naam McDonald’s Royals speel, het op dag 1 twee uit twee oorwinnings behaal. Wedstryd 1: vs Bordic Bashers
Diamantveld het eerste gekolf en ’n telling van 140/5 aangeteken. Cobus Fourie het met die kolf uitgestaan en ’n indrukwekkende 75* vanaf 34 balle aangeteken. Ons span het die wedstryd met 34 lopies gewen nadat die Bordic Bashers tot 106 lopies beperk is. Francois Holtzhausen het 2 paaltjies geneem. Wedstryd 2: vs Chambers Kings
Weereens het Diamantveld eerste gekolf en ’n sterk telling van 145/3 op die telbord geplaas. Hanru Rademeyer het die boulers onder groot druk geplaas en ’n merkwaardige 73* vanaf 25 balle aangeteken. Diamantveld het die wedstryd met 28 lopies gewen nadat die Chambers Kings op 117 lopies vasgekeer is. Jean Logan Diedericks en Francois Holtzhausen het elk 2 paaltjies geneem. Dit is uitmuntende prestasies, manne – hou so aan! #trotsdiamantveld













