Die o/15A-netbalspan het die afgelope naweek hul skool trots verteenwoordig tydens die gewilde Kay Motsepe-kampioenskappe in Rustenburg. Teen sterk mededinging van regoor Suid-Afrika het die span vasgebyt en waardevolle ervaring opgedoen.

Die uitslae was soos volg:

Verloor teen Helpmekaar: 6–20

Wen teen Majeje: 18–12

Wen teen Silethukhanya: 14–7

Wen teen Kgapamadi: 19–12

Wen teen Ndamage: 23–7

Gelykop teen Voortrekker: 10–10

Verloor teen Nelspruit: 7–18

Wen teen Manzomtombo: 11–7

Verloor teen Paarl Vallei: 8–16

Wen teen Pearson: 14–9

Verloor teen Ben Vorster: 8–20

Met ’n reeks harde wedstryde agter die rug, het Diamantveld uiteindelik 14de op nasionale vlak geëindig.

Ons is ongelooflik trots op elke speler en afrigter wat hul alles op die baan gegee het.

#trotsdiamantveld