Baie sterkte aan ons krieketspan wat hierdie naweek gaan deelneem aan die Grey’t Bash, aangebied deur Grey College, Bloemfontein.
Hierdie toernooi dien as voorbereiding vir ’n propvol krieketprogram wat voorlê.
Die jaarlikse Diamantveld T20 Kriekettoernooi, wat van 16–19 Oktober plaasvind, is een van die hoogtepunte waarna die seuns kan uitsien. Agtien skole van regoor die land, onder andere Garsfontein, Potchefstroom Volkskool, Helpmekaar Kollege, HJS Paarl en Boland Landbou, neem aan die toernooi deel.
#trotsdiamantveld











