Cayden le Rolux en Melay Pretorius het van 1–7 Augustus aan die All Africa o/15 Kampioenskappe in Ghana deelgeneem en die volgende uitslae behaal: Beide Cayden en Melay het bronsmedaljes ontvang in die spankompetisie. In Air Badminton het hulle albei silwermedaljes verower. Melay het verder uitgestaan in die meisiesdubbels sowel as die gemengde dubbels, waar sy in albei afdelings silwermedaljes verower het. Baie geluk aan Cayden en Melay met hierdie uitstaande prestasies! #trotsdiamantveld












