Baie geluk aan ons Eerstespan en o/15-span wat vandag in Bloemfontein oorwinnings behaal het. Ons Eerstespan het teen Hoërskool Fichardtpark te staan gekom en ’n oortuigende sege van 35–7 behaal, nadat die halftydtelling nog gelykop op 7 elk was. Ons o/14-span het ook teen Fichardtpark gespeel en naelskraap met 12–17 verloor. Die o/15-span het teen Hoërskool Sentraal uitgedraf en ’n welverdiende oorwinning van 21–17 verseker. Ons Eerstespan en o/15-span kwalifiseer dus vir die finaal van die Kovsieliga, wat volgende naweek plaasvind. #trotsdiamantveld Kovsie2b
SuperSport Schools Rugby
SA School Sports
SkoleRugby!
jouskolerugby












