Ons o/15A-krieketspan het die afgelope week teen Hoërskool Noord-Kaap kragte gemeet en ’n uitstekende oorwinning behaal.

Diamantveld het eerste gekolf en ’n sterk totaal van 195 lopies aangeteken. Benru Janse van Rensburg het goed gekolf en 48 lopies van slegs 26 balle aangeteken.

Ons boulers en veldwerkers het daarna puik gevaar en Noord-Kaap tot 98 lopies vir die verlies van 8 paaltjies beperk. Ewin Maree het veral uitgeblink deur 3 paaltjies te neem en net 4 lopies af te staan.

Diamantveld het die wedstryd oortuigend met 101 lopies gewen.

Baie geluk, manne – uitstekende prestasie!

#trotsdiamantveld