Ons het vandag die voorreg gehad om vir die eerste keer in Diamantveld se geskiedenis ons eie laerskool-hokkiekliniek op ons eie Astro-baan aan te bied.

Hierdie leerders is die toekoms van Diamantveld-hokkie en sal eendag die kans hê om vir ons 1ste span op hierdie einste Astro uit te draf.

Ons is werklik #trotsdiamantveld.