Ons o/15A-krieketspan het vandag ’n T20-wedstryd teen Durbanville se o/15A-span gespeel en met 53 lopies gewen.

Diamantveld het eerste gekolf en 134 lopies aangeteken vir die verlies van 3 paaltjies. Hennie Opperman het uitgeblink met 41 lopies van 33 balle, goed ondersteun deur Jean-Logan Diedericks met 29 lopies van 32 balle en Johan Loots met 27 lopies van 36 balle.

Met die bal het Diamantveld Durbanville tot slegs 81 lopies, almal uit, beperk. EJ du Plessis was besonders en neem twee paaltjies vir net 14 lopies.

Die o/15A-span keer nou terug na Kimberley nadat hulle twee van hul vier wedstryde gewen het.

Baie geluk, manne – ’n uitstekende prestasie teen sterk kompetisie!

#trotsdiamantveld