Baie geluk aan Neil Steynberg, wat opgeroep is na die O/16 Noord-Kaapspan wat van 10–14 Desember 2025 die provinsie in die Paarl gaan verteenwoordig. Hy word vergesel deur vier ander Diamantvelders, naamlik Cobus Fourie, Rulo van der Merwe, Ruben Viljoen en Michael Niewoudt. Michael is aanvanklik in die span ingesluit, maar moes ongelukkig onttrek weens ’n besering. Ons is baie trots op hierdie manne! #trotsdiamantveld












