Baie geluk aan Cobus Fourie, wat ’n uitstekende FPL-toernooi beleef het in Bloemfontein! Nie net is Cobus as Man van die Wedstryd aangewys nie, maar hy het ook vir die tweede agtereenvolgende jaar die toekenning ontvang as Beste Kolwer van die Toernooi. Hierdie toekenning word toegeken aan die speler wat die meeste lopies in die toernooi aanteken. Mooi so, Cobus! Jy het Diamantveld se vlag hoog laat wapper in Bloemfontein. #trotsdiamantveld













