Hoërskool Diamantveld is trots om die aanstelling van Mnr. Zandre Swartz as assistentafrigter van Noord-Kaap Krieket se Skole o/16 seuns krieketspan aan te kondig.

Die span sal van 10–14 Desember 2025 deelneem aan die CSA Nasionale o/16 Krieketweek, wat in Paarl plaasvind. Die groep vertrek op 9 Desember 2025 en keer op 15 Desember 2025 terug.

Ons wens Mnr. Swartz hartlik geluk met hierdie besondere geleentheid en vertrou dat hy waardevolle bydraes tot die span se sukses sal lewer.

🏏 Sterkte en voorspoed!

#trotsdiamantveld