🏏🏏

Baie sterkte aan ons 1ste- en o/15-krieketspanne wat vandag na die Paarl vertrek het om deel te neem aan die HJS Paarl Krieketfees, wat van 6–9 Januarie plaasvind.

Ons spanne sal teen die volgende skole meeding:

🔹 1ste Krieketspan:
• HTS Drostdy
• Hans Moore
• Northcliff
• Cornwall Hill

🔹 o/15 Krieketspan:
• Paarl Gimnasium XI
• Noordheuwel
• Boland Landbou
• Durbanville

Ons wens elke speler en afrigter alles van die beste toe. Geniet die ervaring, speel met trots en gee jul beste! 💪🏏

Sterkte, manne! 👏

#trotsdiamantveld