Verskeie van Diamantveld se tennisspelers het gedurende 2023 aan die Noordkaap tennisproewe deelgeneem. Negentien Diamantveld spelers het plek op die ranglys behaal.
Na afloop van hierdie proewe is 6
van ons leerders in die 0/19 Noordkaap Interprovinsiale-span opgeneem: Cherise Muller
Hester Jansen
Marno Greeff
Juan Vermeulen
Pieter Grové
Victor Greeff.
Die 0/19-span eindig 11de uit 15 spanne.
Diamantveld se spelers het puik tennis gespeel en is voorwaar ambassadeurs vir ons skool.
Baie geluk aan hierdie spelers.















