Vandag het DHS behoorlik fees gevier. Die skool waarop ons almal trots is het 28 Januarie 89 jaar oud geword.

‘n Seremonie is in die Cerff-Saal gehou waartydens 2020 se hoofleiers, Brendan Greyling

en Talita du Toit gasprekers was en die huidige Diamantvelders toegespreek het. Die nuwe hoofleiers van 2024, Timney Greyling en FJ de Vries het ook hul intreeredes gelewer.

Om die kersie op die koek te plaas was daar ligblou baadjies, DHS se grootste eer, vroeër die week en tydens die seremonie oorhandig. Lize-Mari Loots het haar baadjie ontvang vir haar uitstekende akademiese prestasies in 2022. Sy was in haar matriekjaar die top akademiese kandidaat in die provinsie. Simon Liversage het die baadjie ontvang vir sy deelname in die SA Colts krieketspan. Die laaste keer wat ‘n Diamantvelder die prestasie vir krieket behaal het is 21 jaar gelede.

Baie dankie aan elke persoon wat die dag so spesiaal gemaak het.

#trotsdiamantveld