Dit is met groot trots dat ons aankondig dat Valentino Lenge gekies is om aan die SA Sewes oefenkamp deel te neem. Die oefenkamp vind plaas van 16-18 Junie 2023. Valentino is slegs 17 jaar oud.
Na die oefenkamp word die O/18 SA Sewes span gekies wat in die Trinbago Statebond Spele gaan deelneem in Augustus.Ons is baie trots op jou Valentino!
