Ons eerstespan se voorspelers het Woensdag die voorreg gehad om waardevolle wenke te ontvang van een van die beste skrumafrigters ter wêreld. Daan Human, die Springbokke se skrumafrigter, het die middag saam met die spelers en afrigters deurgebring ter voorbereiding op die komende rugbyseisoen. Die eerste wedstryd vind volgende naweek teen Fichardtpark in Bloemfontein plaas. Ons sien daarna uit om daardie eerste skrum in aksie te sien! #trotsdiamantveld
