Baie geluk aan Clinton Brits, wat gekies is om deel te wees van die SA Rugby Elite Development Squad!

Hierdie uitsoekgroep gaan van 28 November tot 5 Desember saam oefen in die Paarl-omgewing.

Clinton is boonop die enigste speler uit die Griekwaland-Wes provinsie wat gekies is om die oefenkamp by te woon – ’n enorme prestasie!

Baie sterkte, Clinton! Ons is ongelooflik trots op jou en weet jy sal ons voortreflik verteenwoordig.

#trotsdiamantveld