Ons is baie trots om aan te kondig dat verskeie van ons leerders gekies is om die Noord-Kaap te verteenwoordig in hokkie tydens nasionale interprovinsiale toernooie wat gedurende die Junie- en Julie-vakansie plaasvind. Hierdie is ‘n groot prestasie wat baie harde werk en toewyding verg. Hier is die leerders wat vir die onderskeie spanne gekies is: O.18A Seuns – 28 Junie tot 5 Julie by Hilton College -Jean Cornelissen -De Wet Fourie -Hanru Rademeyer -Tiaan Coetzee O.18A Dogters – 28 Junie tot 5 Julie by Hilton College -Miné Auret O.16A Seuns – 6 tot 13 Julie by Hilton College -Diwan Rost O.16A Dogters – 6 tot 13 Julie by Hilton College -Simone Steyn (nie-reisende reserwe) O.14A Seuns – 2 tot 7 Julie in Johannesburg -Aiden Underwood -Janco van der Westhuizen (nie-reisende reserwe) O.14A Dogters – 2 tot 7 Julie in Johannesburg -Megan Steele -Cailyn van der Merwe (nie-reisende reserwe) Baie geluk aan elkeen van julle met hierdie besonderse eer! Julle harde werk het vrugte afgewerp en ons sien uit om te sien hoe julle op die nasionale verhoog uitblink. Sterkte met die voorbereiding en kompetisie — julle maak ons ongelooflik trots! 🌟 #trotsdiamantveld