Na ‘n naweek vol opwinding het die spelers die volgende uitslae behaal: – Lourens Scheffer het ‘n silwermedalje in seunsdubbels en ‘n goue medalje in die gemengde dubbels verower. – Alex Pretorius het ‘n silwermedalje in seunsenkels en gemengde dubbels gewen, sowel as ‘n goue medalje in die seunsdubbels. – Anika van der Merwe het silwer in die gemengde dubbels verower. – Melay Pretorius het goud in die o/15-damesdubbels sowel as in die gemengde dubbels gewen. Anika en Melay het in die semi-finaal van die o/19-dubbels gespeel. Verder het Melay ook in die semi-finaal van die o/19-gemengde dubbels meegeding, waar sy en haar dubbelsmaat teen Anika en Alex te staan gekom het. Cayden le Roux het in die semi-finaal van die o/15-seunsenkels gespeel, asook in die kwarteindronde van die gemengde dubbels. Hy het ook in die o/19-kwartfinaal van die gemengde dubbels deelgeneem. Henro Kritzinger, Zaylin Nel, Stefan Botes en Charlize van der Merwe het hierdie naweek ook aan die toernooi deelgeneem. ‘n Verdere uitmuntende prestasie waarop ons trots is, is dié van Madizé le Roux, wat tans die jongste gekwalifiseerde skeidsregter in Suid-Afrika is. Sy het die naweek as skeidsregter opgetree tydens al die o/15-finale. Verder het sy in Desember verlede jaar diens gedoen by die SA Internasionale Toernooi, waar sy die vroue-enkelfinaal as hoofskeidsregter waargeneem het. #trotsdiamantveld