Gedurende die vakansie het Alex Pretorius Suid-Afrika verteenwoordig as ‘n lid van die o/15 SA span wat aan die All Africa Pluimbal kampioenskappe deelgeneem het in Zimbabwe.
Nadat die span verskeie
Afrika-lande geklop het, het hulle daarin geslaag om Egipte in die finaal te wen: ‘n prestasie wat laas in 2012 deur ‘n o/15 span behaal is.















