Baie geluk aan Cayden Le Roux en Melay Pretorius wat opgeneem is in die Suid-Afrikaanse pluimbalspan! Hierdie span sal Suid-Afrika verteenwoordig tydens die All Africa o.15-kampioenskappe, wat van 1 tot 7 Augustus 2025 in Accra, Ghana plaasvind. Dit is ‘n uitmuntende prestasie – ons wens julle albei alle sterkte toe! #trotsdiamantveld













