Dag een van die toernooi het groot hoogtepunte opgelewer vir die o/15 span wat teen Hoërskool Brackenfell te staan gekom het. DHS kolf eerste en teken 291 lopies aan. De Wet Fourie kolf uitstekend en teken sy eerste honderd-tal vir Diamantveld aan. Francois Holtzhausen kolf ook puik en teken 87 lopies aan van 71 balle. DHS vaar ook goed met die bal en boul Brackenfell uit vir slegs 71 lopies en wen die wedstryd met 220 lopies. Francois Holtzhausen blink uit met die bal en neem 3 paaltjies en staan slegs 5 lopies af in sy 3 beurte. Die eerstespan het ‘n uitdagende dag ervaar teen Hoërskool Hans Moore. DHS het eerste geboul en Hans Moore verklaar met ‘n telling van 288 lopies. Simon Liversage en Luhan de la Rey het goed geboul en neem elkeen 3 paaltjies. Diamantveld het tweede gekolf en teken 100 almal uit aan. Nathan Baird het goed gevaar met die kolf en teken 23 lopies van 52 balle nie uit nie aan. DHS het Hans Moore weer ingestuur om te kolf en teken 27 lopies aan in hulle tweede beurt. Diamantveld het die laaste beurt aangepak en teken 54 lopies aan vir die verlies van 5 paaltjies. Diamantveld verloor met 161 lopies. #trotsdiamantveld