Vrydagaand het gesorg vir groot opwinding.
Ons het die o/13 netbal- en rugbyspanne van omliggende laerskole na Diamantveld genooi om hulle staal te kom wys.
Laerskool Douglas,
Laerskool Futurum, Laerskool Eureka, Laerskool Staats, Laerskool Wildeklawer en Laerskool Pescodia het die dag saam met ons deurgebring.Baie dankie aan al die skole wat die moeite gedoen het en hul kinders in ons hande toevertrou het.
Spesiale dank aan General Refrigeration & Air-conditioning Contractors (G.R.A.C) wat vir elke rugbyspeler en netbalspeler ‘n hemp geborg het om hulle deel van Diamantveld te laat voel.
Ons sien uit daarna om al die toekomstige Diamante in 2024 te verwelkom.