Diamantveld se spanne het hierdie naweek teen Duineveld te staan gekom. Ongelukkig is die O/15-wedstryd weens reën afgestel, maar die Eerstespan het ‘n briljante vertoning gelewer! Ons het eerste gekolf en ‘n totaal van 199/7 in die toegelate 35 beurte aangeteken. Waldo Steenkamp het skitterend gekopf en ‘n vinnige 55 van 34 balle gemoker! Met die bal in die hand het Diamantveld die spel oorheers en Duineveld tot net 63 lopies beperk – almal uit! Francois Holtzhausen was onstuitbaar met sy draaiboulwerk en neem 5 paaltjies vir slegs 17 lopies. Diamantveld wen met 136 lopies! Baie geluk, manne – puik spel! #trotsdiamantveld