Ons eerstespan het vandag te staan gekom teen Grey Kollege o/19B in Bloemfontein in die semi-finaal van die Bloemfontein-liga en keer terug met die oorwinning in die sak! Ons het eerste veldwerk gedoen en Grey Kollege tot 134 lopies beperk in die toegelate 20 beurte. Waldo Steenkamp en Danie van der Merwe het uitstekend geboul en elk twee paaltjies laat kantel. Ons kolfwerk was uitmuntend, met Benjamin Potgieter wat ’n briljante 54 lopies van 37 balle aangeteken het. Ons het die teiken van 134 lopies in die 15de beurt suksesvol gejaag en behaal. Diamantveld wen met 6 paaltjies. Baie geluk, manne! #trotsdiamantveld