Diamantveld se o.19A-span het teen St Andrews 2nd XI gespeel en, nadat Diamantveld eerste gekolf het, ’n verdienstelike oorwinning behaal. ’n Goeie kolfvertoning deur Ruben Viljoen het gesorg dat ons ‘n verderigende totaal op die telbord kon plaas, waarna die boulers met beheer en konsekwentheid die wedstryd oorheers het. Ruben Viljoen het met 54 lopies uitgeblink, terwyl Janno du Plessis (3/13) en Francois Holtzhausen (3/13) die hoofskade met die bal aangerig het. Tellings: Diamantveld o.19A – 138/10 (38.5) St Andrews 2nd XI – 76/9 (20.1) 🏆 Diamantveld wen met 62 lopies. Baie geluk aan die span met ’n puik spanpoging! 💙💛 #trotsdiamantveld