Saterdag, 21 Januarie 2023, het ons krieket te staan gekom teen Hoërskool Trio en beide spanne het uitstekend gespeel.

Die 1ste span kolf eerste en behaal 303 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Trio kolf tweede en behaal 167 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Hoërskool Diamantveld wen met 136 lopies.

Top presteerders van Diamantveld:

Simon Liversage – 167 lopies.
Sarel Kriek – 32 lopies.
Kaidan van Wyk neem 2 paaltjies vir 21 lopies.
Danie van der Merwe neem 2 paaltjies vir 11 lopies.
Henrico van Staden neem 2 paaltjies vir 36 lopies.

O/15A span:

Trio kolf eerste en behaal 158 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Diamantveld kolf tweede en behaal 162 lopies vir die verlies van 4 paaltjies. Hoërskool Diamantveld wen met 6 paaltjies.

Top presteerders van Diamantveld:

De Wet Fourie – 43 lopies.
Ruben Viljoen – 42 lopies.
De Wet Fourie neem 4 paaltjies vir 18 lopies.
Juandré van Staden neem 2 paaltjies vir 16 lopies.
Ruben Viljoen neem 2 paaltjies vir 26 lopies.

Baie geluk manne met hierdie goeie prestasies!

#trotsdiamantveld