Die jaarlikse FPL-toernooi het hierdie naweek in Bloemfontein plaasgevind, en spelers van Diamantveld het ‘n groot indruk gemaak! Een van die sterre van die veld was Cobus Fourie, wat met die titel Speler van die Reeks bekroon is. Cobus het in ses wedstryde ‘n indrukwekkende 309 lopies van net 172 balle aangeteken, wat een honderdtal en twee vyftigtalle insluit. Asof dit nie genoeg was nie, het hy ook ’n paaltjie laat kantel om sy veelsydige talente te wys. Baie geluk met hierdie ongelooflike prestasie, Cobus! Jy maak ons trots! #trotsdiamantveld
