Ons Eerstespan en o.15-span het vandag die wenkant gekies by die Hoër Jongenskool Paarl se Krieketfees. Eerstespan: Ons het HTS Drostdy op hul tuisveld aangedurf. Nadat ons eerste gekolf het, het ons ‘n indrukwekkende 304 lopies in die toegelate 50 beurte aangeteken! Francois Holtzhausen het met ‘n briljante 129 lopies uitgeblink en 4 paaltjies geneem. Nathan Baird het ‘n stewige bydrae van 52 lopies gemaak. Diamantveld oorwin Drostdy met 43 lopies! O/15-span: Ons jong talent het Hoërskool Bellville aangedurf. Na ons die loot gewen het, het ons besluit om eerste te boul. Ons boulspan het hul werk gedoen en Bellville beperk tot slegs 103 lopies in hul 50 beurte. Jan-Louis de Vries was vuurwarm met die bal en neem 5 paaltjies vir net 11 lopies! Ons kolwers het sterk begin, maar ná middagete het ons ‘n paar paaltjies verloor. Nietemin het ons die telling gemaklik in die 19de boulbeurt ingehaal. Diamantveld wen met 4 paaltjies! Goed gespeel, manne! Hou so aan! #trotsdiamantveld