Ons Eerstespan en O/15-span het vandag weer aan die HJS Krieketfees deelgeneem. Die wedstryde het as volg verloop. Eerstespan:
In ‘n kragmeting teen Helpmekaar Kollege van Johannesburg het ons manne opgestaan. Helpmekaar het eerste gekolf en 103 lopies vir 9 paaltjies aangeteken in hul 20 beurte. Arno Mostert was vuurwarm met die bal en neem 3 paaltjies vir net 14 lopies. Ons kolfwerk was gespanne, maar Hanru Rademeyer het kalm gebly en ‘n briljante 48 lopies van 27 balle aangeteken. Ons het die wedstryd met 3 balle oor gewen! Uitslag: Diamantveld wen met 5 paaltjies. O/15’s:
Ons jong krieketsterre het eerste gaan kolf en 139 lopies vir die verlies van 6 paaltjies in hul 20 beurte behaal. Kaptein Neil Steynberg het die voortou geneem en ‘n meesterlike 64 lopies van 43 balle gemoker! Met skerp veldwerk en dodelike boulwerk het ons die Donkies van Worcester ingeperk. Fourie Smith en Jan-Louis de Vries het elkeen 3 paaltjies laat kantel om ons ‘n klinkende oorwinning te verseker. Uitslag: Diamantveld wen met 27 lopies. Baie geluk, manne! #trotsdiamantveld
