Ons O/15A span hou Hoërskool Diamantveld se naam hoog. Hulle het 9 Februarie 2022 teen Grey Kollege se B span te staan gekom en hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.
Hoërskool Diamantveld kolf eerste
en behaal 138 lopies in hulle 20 beurte. Met die kolf het Danie van der Merwe (29 lopies van 35), Sarel Kriek (34 lopies van 46) en Handré Welgemoed (24 lopies van 18) seker gemaak dat Diamantveld ‘n kompeterende telling kon aanteken. Danie van der Merwe en Sarel Kriek het ‘n uitstekende vennootskap gevorm van 67 lopies van 78 balle.Met die boulwerk het Diamantveld ook goed gevaar. Handré Welgemoed en Vernon Rossouw vat albei 2 paaltjies en maak seker dat Grey Kollege nie ‘n kans staan nie.
Hoërskool Diamantveld wen die wedstryd met 54 lopies.
Ons wil dankie sê vir Grey Kollege vir ‘n lekker kompeterende wedstryd wat gesorg het dat goeie krieket ten toon gestel is.