Die O/15 spanne het vandag teen Hoërskool Landboudal en Grey Kollege kragte gemeet. Die O/15A’s speel teen Landboudal en boul hulle uit vir slegs 40 lopies. Diamantveld het nie terug gestaan nie en maak die telling in slegs 2.2 beurte en wen dus met 10 paaltjies. Driaan Jacobs teken 28 lopies van 7 balle aan. Johan Dormehl neem 4 paaltjies vir 12 lopies.
Christoff Posthumus neem 3 paaltjies vir 7 lopies.
Arno Mostert neem 2 paaltjies vir 4 lopies.
Francois Holtzhausen neem 1 paaltjie vir 11 lopies. Die B-span het n naelbyt wedstryd gehad teen Grey College se O/14B span. Ons het eerste gekolf en teken 165 lopies in die toegekende 20 beurte aan. Handré Welgemoed het uitgeblink met die kolf en slaan 66 lopies van 32 balle aan. Hy het ook met gemak vyf 6’e in n beurt geslaan. Diamantveld se boulwerk en veldwerk was ook baie goed gewees. Victor Greeff, Francois Hattingh en Juan du Plessis was die uitblinkers met die bal en neem elkeen 2 paaltjies. Francois Hattingh neem ook twee uitstekende vangskote. Diamantveld wen die wedstryd met 8 lopies. Welgedaan manne! #trotsdiamantveld
