Ons o/15 en o/19 krieketspanne het die afgelope naweek na Benoni, Gauteng gereis. Hulle het twee wedstryde elk gespeel teen Hans Moore en Marais Viljoen. Baie dankie aan Mitsubishi Motors Kimberley wat die afrigters en spelers veilig na Benoni en terug geneem het. Die uitslae is as volg: Diamantveld o/15A vs Hans Moore o/15A: Diamantveld kolf eerste en teken 199 lopies in die toegelate 20 beurte aan. Ruben Viljoen en Neil Steynberg het skitterend gekolf en teken 90(58 balle) en 66(32 balle) onderskeidelik aan. Met die bal het ons ook goed gevaar. Ruben Voljoen, Fourie Smit en Ewin Maree neem elkeen 2 paaltjies wat sorg dat Diamantveld die wedstryd met 70 lopies beklink. Diamantveld o/15A vs Marais Viljoen o/15A: Diamantveld boul eerste en beperk Marais Viljoen vir 218 lopies in 38.3 beurte. Luke Joseph het uitgeblink met die bal en neem 3 paaltjies. Diamantveld het gesukkel met die kolf en verloor die wedstryd met 35 lopies. Neil Steynberg en Rulo van der Merwe het elkeen goed gekolf en teken 44 lopies (23 balle) en 43 lopies (55 balle) onderskeidelik aan Diamantveld o/19A vs Hans Moore o/19A Diamantveld kolf eerste en teken 126-9 lopies in die toegelate 20 beurte aan. De Wet Fourie het uitgeblink met die kolf en teken 32 lopies van 44 balle aan. Diamantveld het goed geboul. Arno Mostert en Hanru Rademeyer neem elkeen 3 paaltjies. Diamantveld verloor die wedstryd met 2 paaltjies. Diamantveld o/19A vs Marais Viljoen o/19: Diamantveld kolf eerste en teken 290 aan in die toegelate 50 beurte. Hanru Rademeyer (68 lopies van 41 balle), Benjamin Potgieter (56 lopies van 77 balle) en Arno Mostert (54 van 64 balle)het uitstekend gekolf. Nathan Baird het gesorg dat Diamantveld die wedstryd wen met ‘n skitterende boulvertoning waar hy 3 paaltjies geneem het. Diamantveld wen die wedstryd met 181 lopies. Baie geluk manne! #trotsdiamantveld