Ons o/15B krieketspan het te staan gekom teen Saint Andrews Bloemfontein. Ons het die loot gewen en het gekies om te kolf. Diamantveld teken ‘n totaal van 165 lopies aan in die toegelate 20 beurte. Christoff Swanepoel het verwoesting gesaai onder Saint Andrews boulers en moker 70 lopies van 42 balle. Met die bal het Diamantveld uitstekend gevaar. Jan Louis de Vries en Ewin Maree neem elkeen 4 paaltjies en Diamantveld wen die wedstryd met 21 lopies. Uitstekend manne! #trotsdiamantveld













