Ons O/15A krieket het te staan gekom teen Hoërskool Sentraal se O/15A’s. Diamantveld kolf 1ste en behaal 243 lopies almal uit na 44 beurte. Hoërskool Sentraal kolf 2de en behaal 33 lopies almal uit. Diamantveld wen met 210 lopies. Top Presteerders van DHS Kolwers:
De Wet Fourie (49 lopies)
Nathan Baird (31 lopies) Boulers:
De Wet Fourie neem 3 paaltjies vir 12 lopies.
Danie van der Merwe neem 2 paaltjies vir 2 lopies.
Arno Mostert neem 2 paaltjies vir 8 lopies. Welgedaan manne. Dit is ‘n puik oorwinning. #trotsdiamantveld
