Die o/19A en o/15A spanne het 27 Januarie teen Grey Kollege se o/19C en o/14B spanne te staan gekom.

Die o/19’s het ‘n baie goeie wedstryd gespeel en wen met 4 paaltjies. Hanru Rademeyer neem 4

paaltjies en Luhan de lay Rey neem 3. Luhan het ook goed gevaar met die kolf en teken ‘n blitsvinnige 37 lopies aan.

Die o/15A’s het eerste geboul en boul Grey Kollege uit vir 300 lopies. Sarel Kriek neem 3 paaltjies en Christoff Swanepoel en Cobus Fourie neem elk 2 paaltjies. Diamantveld vaar goed met die kolf en wen met 5 paaltjies. Sarel Kriek teken 52 lopies aan en Neil Steynberg en Cobus Fourie teken onderskeidelik 43 en 36 lopies aan.

Baie geluk met die goeie prestasies!

#trotsdiamantveld