Baie geluk aan die o/15A span wat op 25 Oktober Fichardtpark se o/15A’s geklop het met 9 lopies. Diamantveld het eerste gekolf en teken 166 lopies vir die verlies van 3 paaltjies aan. Hanru Rademeyer
en De Wet Fourie blink uit met kolf en teken 76 van 32 en 48 van 47 onderskeidelik aan. Fichardtpark het ‘n goeie terugveg poging geloots maar die boulwerk van Diamantveld was tops. Arno Mostert neem 2 paaltjies en staan 32 lopies af.Baie geluk met die wen manne!
