Baie geluk aan ons Eerste krieketspan wat op 23 Oktober vir Saint Andrews in Bloemfontein geklop het.

Diamantveld het uitstekend gevaar met die kolf en het 238 lopies aangeteken vir die verlies van twee

paaltjies. Danie van der Merwe het uitstekend gekolf en teken 112 lopies aan van 66 balle. Benjamin Potgieter en Simon Liversage teken 54 lopies van 42 balle en 46 lopies van 12 balle onderskeidelik aan.

Diamantveld het ook uitstekend gevaar met die bal. Simon Liversage, Danie van der Merwe, Tiaan Coetzee en Nathan Baird neem elkeen twee paaltjies en lei Diamantveld na ‘n oorwinning van 104 lopies.

Welgedaan manne! Julle het hulle uit die park geslaan.

#trotsdiamantveld